SONDAARS IN DISRESPEK
Die alledaagse lewe genoop mens om dag in en dag uit oorvloed van verwaande aardse mense tee te kom wat geen respek toon nie. Nie vir enigeen om hulle nie. Van voertuig drywers tot besigheidsmense, van toeskouers tot pas aangee'ers. Almal maar almal [wynig is niet so], is so behep met hulself, in alles dit wat hulle doen, dit wat hulle verwag as hul bestaansreg.
Van die ongetwyfelde opdringerigheid op dit wat meestal nie werklik hul toekom nie, tot die oue drang na selfverryking ten koste van andere met 'n ystere wil wat so sterk staan soos kokkerotte teen atoom krag. Mens kom dit tee op straathoeke met bedelaars tot bo by die rykstes onder die rykstes. Van indruk voor in 'n ry, of verkeerslane, so asof dit hul lewensreg is, tot vervelens toe, diefstal van mens se tyd tot suurstof en alles tussen-in met skynbaar geen oomblik se terugblik op die disrespekvolle self nie...
Mens sit in die verkeer, op kantoor, by die winkel, in winkelsentrums, in die straat en elkeen wat so disrespekvol optree kan 'n myl ver herken word, in elke vlak van die samelewing. Die eerste gedagte in verset wat opkom teen hierdie optrede is een van magtelose woede, want deesdae in hierdie wereld, ongeag kleur in ras, is almal skuldig hieraan.
Maar kla daaroor, en jy word skielik die vark in die verhaal. Wys die foute uit, en jy word geoordeel as die "probleem". Van "word wakker" tot "wake up" word voorgehou as die bewys dat die regverdige nie meer regverdig moet wees nie, want dis verkeerd!
Uiteindelik wanneer alle opsies oorweeg is om die buffel aan te tree, word die opsie teensinnig gekies van "laat maar gaan, want die oordeel kom ons nie toe nie". Dit word mos deur relegasie van kindsbeen af verkondig. Dit staan mos so in die Bybel! Toe loop slaan ek dit oop, en word gekonfronteer met die grootste sondaar van almal, Paulus wat Saulus was, en siedaar:
Smaak mos dat elke sleg moer daar buite... van 'n skelm dief, 'n moordenaar en 'n verkragter, tot disrespekvolle aardlinge kan doen wat hul dink, glo en aanvaar as reg nodig is, dan sterwe in Jesus Naam, en siedaar... Toe slaan ek terug in dieselfde hoofstuk...Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
Nou hoe nou?Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
Toe slaan ek die Joodse Mitologie weer oop, en verder terug in die verskiet, kom ek af op:
Mens is tog so geneig om hierdie aardlinge te haat vir die disrespekvolle neigings!! Mag hul re-inkarneer weer waar dit aan hulle gedoen gaan word! O ek wens... hier wel so 'n gevoel van regverdige oordeel waar tot nietig verklaar die voorwoord is op in mens se keel soos sooibrand...Exo 20:5 ...want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat
Toe's ek weer die toekoms in...Exo 21:23 Maar is daar ‘n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,
Exo 21:24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,
Exo 21:25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
Nou hoe nou weer? Waarheen nou? Wat nou gemaak?Luk 6:37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
Die haat wel op, dis soos iets wat Gaviscon nie gaan bedaar nie... tog, broeder, suster... tog...
Nou is die vraag?Exo 21:26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.
Exo 21:27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.
As ons almal die ander so vryspreek oor die ongeregtighede wat daagliks as norm toegepas word, wat word van ons toekoms?
Ons kinders?
groetnis
knipmes
Bookmarks