Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 29

Thread: Jesus, Godmens of Afgod?

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Jesus, Godmens of Afgod?

    osiri_trinity.jpgJahweh, die god van die Israeliete in die Ou Testament is uitdruklik daaroor in sy Tien Gebooie dat hy en hy alleen aanbid moet word. Sy volk mag geen ander god aanbid nie.

    1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

    2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

    3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Exodus 20.

    Jahweh is 'n jaloerse god wat die agterkleinders van sy volk treiter met sy toorn indien hulle ander gode sou aanbid. Want Jahweh wil as enigste god aanbid word.
    Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE. Deut. 6:4

    Selfs Jesus was bewus van hierdie gebod.
    En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here; Markus 12:29.

    Intussen het die Christen geloof ontwikkel en die Rooms Katolieke Kerk het die HERE (Jahweh) van die Ou Testament as nuwe god op die Europese volke afgedwing.

    En benewens die enige HERE, het hulle twee nuwe gode geskep te wete Jesus en die Heilige Gees. Soos ons reeds gesien het, is dit natuurlik in stryd met Jahweh se Tien Gebooie en maak dit vanuit die perspektief van die Ou Testament, afgode van Jesus en die Heilige Gees.

    Die dilemma is egter omseil deurdat die drie verskillende gode, naamlik die HERE, Jesus en die Heilige Gees in 'n formule, bekend as die drie-enige God aangebied word.

    Die drie-eenheid is egter 'n nie-bybelse, heidense beskouing van gode. Lees meer daaroor hier.

  2. #2
    Member Arius's Avatar
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    .
    Age
    74
    Posts
    9
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Die Ou Testament is skelmagtig vertaal. Die oorspronklike teks, soos nou geopenbaar in die Dooie See rolle, verwys deurgaans na `gode'. Die jaloerse Jaweh het nie daarvan gehou nie en het met die latere vertalers se koppe gesmokkel om hom as die enigste god voor te stel.

    En JHWH smokkel nou met ons volkie se koppe.
    Ex Africa semper aliquid novi

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Lees gerus hier om te sien waar die HERE (Jahweh) by die "ander gode" inpas en waarom hy so jaloers op hulle is.
    Yahweh_of_Samaria_and_his_Asherah.jpg

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Tydens Jesus die Nasarener se handel en wandel op aarde het niemand hom aanbid nie. Trouens dit sou neerkom op ernstige "godslastering" en afgodery.

    Jesus het ook op geen stadium aangedui dat hy 'n god is, of aanbid moet word nie.

    Hoe en waarom het die gebruik van Jesus-aanbidding dan ingesluip?

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Deel van die Christen mitologie se deïfikasie van Jesus berus op die mite dat sy maagdelike moeder deur die Heilige Gees bevrug is.

    Hierdie mite bots lynreg met die natuurwette van die Skepper. Dit was gods-onmoontlik vir 'n vrou om swanger te raak sonder bevrugting deur 'n manlike spermsel. Daar bestaan nie iets soos 'n swanger maagd nie.

    Selfs hierdie Christen mite is by die heidense gelowe geleen. Natuurlik nie sonder 'n behoorlike motief nie. Die Nuwe Testament is in 'n heidense taal geskryf vir die heidene.

    Jesus was een van 'n aantal "maagdelike" geboortes uit die heidense gelowe.

    Die Christen geloof met Jesus die mens van vlees en bloed wat 'n god geword het, is die resultaat van sinkretisme.

    Judaïsme van die Ou Testament was onaanvaarbaar vir die Europese psige en kultuur. Paulus was die een wat Judaïsme meer aanvaarbaar gemaak het deur aan te dui dat die onaanvaarbare praktyk van besnydenis en die onderhouding van die Joodse wette en rituele nie 'n voorvereiste sou wees nie.

    Later is Judaïsme deur die Rooms Katolieke Kerk bevorder deur gewilde heidense gebruike te kaap en te inkorporeer in hul dogma.

    Die Christen geloof is dus 'n geloof met een voet in die Joodse geloof van die Ou Testament en die ander in die heidense gelowe van Europa.

  6. #6
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    55

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post

    Selfs hierdie Christen mite is by die heidense gelowe geleen. Natuurlik nie sonder 'n behoorlike motief nie. Die Nuwe Testament is in 'n heidense taal geskryf vir die heidene.

    Jesus was een van 'n aantal "maagdelike" geboortes uit die heidense gelowe.

    Die Christen geloof met Jesus die mens van vlees en bloed wat 'n god geword het, is die resultaat van sinkretisme.
    DOM

    Myns insiens dui die "maagdelikheid" van Maria op die toestand van haar gees. Maw 'n persoon wat nog nooit die aarde bewandel het nie.

    Jou skrywes hierbo in ag geneem beteken dit dat die heidense volke 'n waarde geheg het aan sulke geboortes, maar hoekom?

    Groetnis

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Die mite van die "maagdelike geboorte" in Jesus se geval het ontstaan as gevolg van die skrywer van die Matthéüs Evangelie se verwysing na 'n profesie uit Jesaja.

    20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

    21 en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

    22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

    Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. (Matthéüs 1)

    Die profesie waarna die skrywer verwys, is beskryf in Jesaja 7:14. Dit lui soos volg:

    Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk die maagd sal swanger word en 'n seun baar en en hom Emmánuel noem.

    Die skrywer van Matthéüs het hierdie profesie buite verband aangehaal. Dit het hoegenaamd nie op Jesus betrekking nie.

  8. #8
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    55

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Die mite van die "maagdelike geboorte" in Jesus se geval het ontstaan as gevolg van die skrywer van die Matthéüs Evangelie se verwysing na 'n profesie uit Jesaja.

    20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

    21 en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

    22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

    Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. (Matthéüs 1)

    Die profesie waarna die skrywer verwys, is beskryf in Jesaja 7:14. Dit lui soos volg:

    Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk die maagd sal swanger word en 'n seun baar en en hom Emmánuel noem.

    Die skrywer van Matthéüs het hierdie profesie buite verband aangehaal. Dit het hoegenaamd nie op Jesus betrekking nie.
    Dus moet ons aanvaar dat Maria se maagdelikheid ook nie op haar gees van toepassing was nie?

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Die Jesaja 14 profesie "Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk die maagd sal swanger word en 'n seun baar en en hom Emmánuel noem," word in Matthéüs 1 aangebied om Jesus te voorspel.

    Daardie profesie het op iets heel anders betrekking en het nie lank na die uitvaardiging daarvan in vervulling gegaan.

    Agas, die koning van Juda het hom boeglam geskrik toe hy hoor dat twee konings teen hom gaan optrek om oorlog te maak. Jahweh het hom verseker dat hulle hom nie sal verslaan nie en het bygevoeg dat Agas 'n teken kan vra as versekering.

    Agas wou nie 'n teken vra nie en Jahweh het toe maar self een aangebied. Dit is die profesie onder bespreking en in sy geheel lui dit soos volg.

    Daarom sal die HERE self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.

    Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.

    Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.

    Dit is duidelik dat die seuntjie reeds 'n kleuter sal wees voordat die konings verslaan is. Die konings is 'n paar jaar later verslaan.

    Ons sien dus dat die skrywer van Matthéüs se selektiewe aanhaling van hierdie profesie 'n wanvoorstelling veroorsaak.

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Jesus, Godmens of Afgod?

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    Dus moet ons aanvaar dat Maria se maagdelikheid ook nie op haar gees van toepassing was nie?
    Die woord "maagd" is 'n vertaling van die Hebreeuse woord "ha·'al·mah" wat kan beteken "jong meisie" of "maagd".

    Word Origin
    fem. of elem
    Definition
    a young woman, a virgin
    NASB Word Usage

    girl (1), maid (1), maiden (1), maidens (3), virgin (1).

    Bron.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •