Results 1 to 3 of 3

Thread: Miljoene rande uit helsdreigemente?

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    71

    Default Miljoene rande uit helsdreigemente?

    Miljoene rande uit helsdreigemente?

    deur Thys Human, Wonderboom 2011-02-12 15:52

    Isak Burger (Rapport, 6 Februarie) is vol pyne omdat Rapport briewe plaas en kommentaar op sy webwerf toelaat wat “Christelike sieninge” op ’n wyse kritiseer wat hy as “blatante en skreiende laster en belediging” bestempel. Hy wonder of dit net Christene is wat met “sulke disrespek behandel word”.

    Dit is ’n bietjie dik vir ’n daalder vir Burger om oor kritiek en aanvalle op “Christene” te kla as hy homself liederlik hieraan skuldig maak. In sy boek Die eerste 5 minute na die dood: Wat gebeur as ’n mens sterf? (vierde uitgawe, derde druk, bl.97) waarsku hy mense wat dele van die Bybel weglaat (en soms byvoeg) dat hulle hul op “gevaarlike terrein” begeef.

    Ek haal aan: “Hier dink ek in ons dae veral aan die sogenaamde ‘Nuwe Hervormers’, wat op grond van hul eie ‘wetenskaplike navorsing’ tot die verwaande besluitreg gekom het om groot dele van die Skrif as onbetroubaar en onwaar te bevind. Dit is ’n lewensgevaarlike praktyk. Sommige gaan dit te laat agterkom,” skryf hy.

    Dit is darem ’n verskriklike aanval op mense wat hulself as Christene beskou, maar nie Burger se militante fundamentalisme deel van ’n aaklige dood in die hel of duiwels wat uitgedryf moet word nie.

    Persoonlik deel ek ook nie die Nuwe Hervormers se sienings nie – weliswaar vanuit ’n ander oogpunt – maar ek het eerlikwaar nog nooit gesien dat hierdie mense ander met die “hel” of iets ergers dreig nie.

    Ek gaan nie, soos Burger, Rapport probeer intimideer om meer mense soos hy se ekstreme Taliban-agtige beskouinge te publiseer nie. Ek dink egter dit is tyd dat ondersoek ingestel word na hoeveel miljoene die man al gemaak het uit bedrieglike bewerings dat hy weet wat anderkant die dood aangaan – soos die titel van sy boek te kenne gee. My raaiskoot is dat dit ver verby R10miljoen trek, en dat hy nog verkope soek.

    ’n Ondersoek sal waarskynlik die leuens en verdraaiings wat hy kwytraak oor beweerde “godloënaars” soos Darwin, Thomas Paine, Voltaire en andere groot name ook ’n bietjie aan die kaak stel.

    Uit Rapport

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    71

    Default Re: Miljoene rande uit helsdreigemente?

    Kritiek op Burger wys mense begin sélf dink

    deur Dr. Abel Pienaar, Moraletapark 2011-02-19 17:11

    In sy brief in Rapport pak Thys Human vir dr. Isak Burger oor sy selfopgelegde rol as bewaarder van die Christendom se eer.

    Burger skrywe: “Hoe regverdigbaar is dit vir ’n koerant waarvan die oorweldigende getal lesers Christene is en wat die Bybel met respek en eerbied bejeën dat sulke banaliteite oor die Boek wat vir hulle die kosbaarste is, gepubliseer word?”. Ek wonder van watter banaliteite praat dr. Burger?

    Oor die groeiende kritiek op die premoderne wêreldbeeld waarmee die Bybel werk? Dalk die vele denkendes wat al hoe meer die Bybel as antieke mitologie lees? Want wanneer mitologie verkeerdelik as wetenskap of as geskiedenis gelees word, sit ons met mense wat onrealisties en bygelowig omgaan met hul werklikheid. Dan word simbole skielik feite en ’n metafoor word dogma.

    Sodra dit gebeur, begin mense “gesagvolle” boeke skrywe oor gebeure vyf minute ná die dood.

    En dreig hulle dié wat nie soos hulle dink nie met die hel en weet hulle ook presies wie soontoe gaan. Thys se brief gee my hoop. Dit wys mense begin vir hulself dink. En hy sien raak dat ouens soos dr. Burger nie bereid is om oop te wees om buite hul eie denkvoorkeure te dink nie.

    Uit Rapport

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    63

    Default Re: Miljoene rande uit helsdreigemente?

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    ...brief gee my hoop. Dit wys mense begin vir hulself dink...
    Dank Vader daarvoor!









    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Miljoene sal in Sondvloed Sterf
    By Die Ou Man in forum Artikels
    Replies: 2
    Last Post: 18th September 2010, 22:28

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •