Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 26

Thread: Naaste, Liefde en Naasteliefde

  1. #1
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Drie eenvoudige woordjies. Die verstaan daarvan weerspiel groot verskille. Die toepassing daarvan - bepalend op jou eindbestemming na die dood?

    Wat s die Bybel oor die drie woorde? Hoe behoort ons dit te verstaan? Dit is veral hierdie laaste vraag wat aanleiding gee tot verskille (somtyds selfs geskille), nie net onderling nie maar ook binne kerkverband.

    Om te vra: Wat word verstaan onder naaste?, is dieselfde as om te vra wat onder bank verstaan word. Jy kan sit op n bank, jy kan skool bank, jy kan bank by n bank en jy kan selfs n bank ploeg. Dit is eers wanneer n woord bank binne n bepaalde sinsverband en konteks geplaas word dat n mens di woord se betekenis beter kan verstaan. So ook met die woord naaste. Die benadering wat gevolg word is ietwat klinies en binne die konteks van n bepaalde perikoop en binne die konteks van die Torah, die Ou Testament en die Nuwe Testament.

    Naaste

    NAASTE IN DIE TORAH OF PENTATEUG

    In die Torah (eerste 5 boeke van die Ou Testament) en wel in die ou vertaling (AOV) van die Bybel (1953), word die woord naaste 56 keer aangetref in 46 verse. Dit is belangrik om hierdie onderskeid te tref aangesien die Rabbyne in die tydperk van die Christus op aarde n beperking op hulle wet geplaas het op wie my naaste is. Volgens hulle kon 'n vreemdeling of iemand buite die Joodse geloof glad nie jou naaste wees nie. Jou naaste was dus net iemand wie jy ken en wat deel van jou groep is. Deur die woord naaste binne die gepaste perikoop te plaas mag dalk help om vas te stel of dit wel die geval was, ook om vas te stel of dit wel n ander betekenis aanneem.

    Die eerste gebruik van die woord naaste vind ons in Eksodus 2:13 waar Moses aan een van die twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg vra waarom hy sy naaste slaan? Hieruit kan afgelei word dat die woord naaste waarskynlik sou beteken van dieselfde mense of volk of in vandag se terminologie synde van dieselfde ras. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die woord ras nie in die Bybel voorkom nie. Die King James Version gebruik egter die woord thy fellow in genoemde aanhaling. Volgens Barnes se kommentaar stel hy egter thy fellow gelyk aan thy neighbor wat dan neerkom op jou naaste.

    Die tweede gebruik van die woord naaste vind ons in Eksodus 11:2. Hier verander die betekenis van die woord naaste sodat nou n ander volk of as n mens dan wil ras insluit. Die Here gee Moses die opdrag om aan die volk (Israel) te s dat elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis (ANV). Die (AOV) dui aan dat aan Moses ges is dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis. Die KJV gebruik nou die woord neighbor in plaas van fellow. Uit Eksodus 11:2 wil dit dus voorkom dat die woord naaste ook in verband gebring kan word met n ander volk of nasie naamlik die Egiptenare.
    Last edited by Carel van Heerden; 11th December 2010 at 15:43.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  2. #2
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Eksodus 12:4 gee n verdere aanduiding van wie jou naaste ook kan wees. In opdrag van die HERE het Moses en Aӓron die hele vergadering van Israel toegespreek en ges: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen n lam neem volgens die families, n lam vir n huisgesin. Maar as n huisgesin te klein is vir n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.

    Die gebruik van naaste in hierdie aanhaling verwys na afstand. Om n beter onderskeid tussen die woorde naaste (buurman) en naaste (afstand) te bewerkstellig, word die woord buurman in plaas van naaste gebruik. Sou ons buurman na Engels vertaal sou dit wees neighbor. Dieselfde woord wat wel in die KJV gebruik word. Uit voorafgaande kan dus afgelei word dat iemand jou naaste mag wees wat die naaste (afstand) aan jou is.

    Hoe moet ons nou naaste verstaan in die volgende twee aanhalings?: Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. (Eksodus 20:16) Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Eksodus 20:17).

    In bogenoemde aanhaling gebruik KJV die woord neighbor, (Arikaans: naaste). Naaste of neighbor word volgens Strong in KJV+ in Hebreeus as geskryf as ריע רע. Uitgepreek rêa‛ rêya‛ en foneties aangedui as asray'-ah, ray'-ah. Hiervolgens kan dit binne die nodige perikoop die volgende beteken: an associate (more or less close): - brother, companion, fellow, friend, husband, lover, neighbour, X (an-) other. Hierdie laaste verduideliking (X (an-) other) word gewoonlik gerieflikheidsonthalwe oor die hoof gesien.

    In Eksodus 32:27 na die gebeure waar die kalf deur Moses vernietig is - het Moses in die poort van die laer gaan staan en aan die seuns van Levi wat by hom versamel het ges: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

    In hierdie gedeelte word onderskeid getref tussen broer, vriend en naaste. Die vraag is nou na wie Moses sou verwys het as hulle naaste in hierdie opdrag? Sou dit iemand onbekend wees behorende tot dieselfde volk, of sou dit n aanduiding wees dat dit iemand is wat op daardie oomblik die naaste aan jou is? Dit wil voorkom dat in hierdie geval dit moontlik beide kon beteken het.

    Deuteronomium 10:18-19 verwys na jou naaste ook as vreemdelinge: wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee. Daarom moet julle die vreemdeling liefh, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

    Deuteronomium 19:14 dui aan dat Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verl nie. Sou hierdie n verwysing wees na Deuteronomium 32:8? Toe die Allerhoogste aan die nasies n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. Indien dit wel die geval is dan impliseer dit ander volke ook jou naaste kan wees. Indien dit nie die geval is nie kan die afleiding nog steeds gemaak word dat van ander volke gepraat word aangesien n grenslyn deur jou voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land ..om in besit te neem slegs gedoen kan word tussen verskillende lande of dan ook volke.

    Samevatting van die Torah se siening oor die woord naaste:

    Alhoewel die Rabbyne in die tydperk van die Christus op aarde n beperking op hulle wet geplaas het op wie hul naaste is, blyk dit dat dit wat in die Torah gevind word wel anders vertolk kan word, naamlik ander volke of nasies, iemand of persone wat die naaste (afstand) aan jou is, asook vreemdelinge.
    Last edited by Carel van Heerden; 11th December 2010 at 23:33.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  3. #3
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    NAASTE IN DIE RES VAN DIE OU TESTAMENT

    Levitikus 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

    Hier kry ons twee nuwe elemente wat van toepassing op naaste kan wees. Een van emosie en een van berisping laasgenoemde verg n verbale optrede en interaksie.

    Levitikus 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefh soos jouself. Ek is die HERE.

    Hier word n verdere element van interaksie aangedui naamlik liefde wat dan staan teenoor haat/haatdraend of wraakgierig.

    1Samuel 28:17 Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.

    Hier vind ons nou weer die betrokkenheid van die HERE tussen twee mense ten opsigte van koningskap. Kan ook gesien word om beheer weg te neem en aan iemand anders te oorhandig.

    Job 16:21 dat Hy kan pleit vir n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

    Let veral op die vers hierbo soos aangehaal in Job 16:21*, dat Hy kan pleit vir n man by God en as Menseseun vir sy naaste*. Indien hierdie vertaling as korrek aanvaar word kry ons hier n verwysing na naaste in die wydste sin van die woord, naamlik na alle volke en nasies op aarde vir wie Jesus se oorwinning van die dood (sonde) deur Sy opstanding uit die dood, tot redding aangebied word. Die 1983 vertaling verskil egter van die 1953 vertaling en sluit aan by die KJV se vertaling wat as volg lees: dat Hy uitspraak lewer in die saak tussen 'n mens en Hom soos in 'n saak tussen 'n man en sy vriend.

    *Nota: Die Afrikaanse Verklarende Bybel verduidelik hierdie vers as volg: vir n man: naamlik Job self. en as Menseseun: blykens die hoofletter wil die vertaling dat hierdie uitdrukking gelyk gestel word met die Seun van die mens uit Danil 7:13. Die oorspronklike ken egter geen hoofletters nie en menseseun kan ook eenvoudig n sinoniem wees van mens. Vergelyk onder andere Esegil 12:22. By hierdie opvatting kan vertaal word: en vir die mensekind met betrekking tot sy naaste. Sommige vertalings het hier: en tussen n man en sy naaste (of vriend 1983 vertaling).

    Psalm 15:3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

    Hierdie vers dui weer op n verbale interaksie teenoor n naaste.
    Last edited by Carel van Heerden; 12th December 2010 at 08:07.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  4. #4
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Die volgende enkele verse uit die Bybel waar naaste in voorkom word gegee vir eie vertolking:

    Psalm 101:5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van o is en trots van hart, hom verdra ek nie.

    Spreuke 11:12 Die verstandelose verag sy naaste, maar n verstandige man bly stil.

    Spreuke 14:21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

    Spreuke 16:29 n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op n weg wat nie goed is nie.

    Jesaja 19:2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

    Jeremia 22:13 Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg; wat sy naaste laat werk vir niks en hom sy loon nie gee nie;

    Uit bogenoemde vers kan waarskynlik afgelei word dat n kneg of n huurarbeider ook as hul naaste beskou is. NAV verwys na sy mense sonder betaling laat werk, wat hulle nie geld gee nie. Volgens hierdie vertaling kan dieselfde afleiding gemaak word. Sy mense kan beteken mense wat aan hom behoort soos slawe en knegte. Dit kan egter ook verwys na sy gesinslede of familie.

    Samevatting van die Ou Testamentiese siening oor die woord naaste:

    Iemand het uit HAT aangehaal wat die betekenis van naaste as volg aandui "Wat die digste tot iemand staan; my naaste familie; my naaste vriende; intiemste". Sou di persoon egter verder gelees het sou die ooreenstemming met Strong se woordeboek opgeval het. Om selektief te kies om te pas by jou oortuigings of siening beantwoord nie die vraag na wie naaste verwys nie.

    Na aanleiding van die inligting soos geneem uit die Ou Testament, blyk dit dat die gebruik van die woord naaste in die eerste plek van toepassing gemaak kan word op die volk Israel. Dit kan egter wyer vertolk word as slegs di van naasbestaande/s, vriend/e, jou buurman of jou volk aan wie jy behoort. Dit sluit nie net n enkele persoon in nie, maar ook n groepering van mense. Hierdie persoon of persone kan aan n eie of aan ander volke behoort. Naaste verwys verder ook na di wat fisies die naaste aan jou is en selfs na vreemdelinge.

    Naaste word verder in verband gebring met emosie, positief of negatief, asook verbale en fisiese optrede teenoor iemand anders. Dan kan die HERE ook betrokke raak tussen twee mense wat as mekaar se naaste aangedui word.
    Last edited by Carel van Heerden; 12th December 2010 at 08:08.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  5. #5
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    NAASTE IN DIE NUWE TESTAMENT

    In die Nuwe Testament (AOV) word die woord naaste slegs sestien keer in sestien verse aangetref. In hierdie sestien verse word die woord naaste agt keer in agt verse as naaste liefde aangedui. Drie van die oorblywende agt verse gebruik naaste as enkelwoord (selfstandige naamwoord) maar wel binne die sinsverband van liefde. Drie van die oorblywende 5 verse verwys na n optrede teenoor jou naaste. Slegs twee van die sestien verse verwys na n navraag rakende naaste. (Lukas 10:29) Trouens, dit is die enigste vraag en wedervraag (Lukas 10:36) oor naaste in die Bybel!

    Om vas te stel wat met naaste bedoel word volgens die vertelling van Jesus (Lukas 10:25-37), moet daar eers na die omstandighede gekyk word toe Jesus hierdie gelykenis vertel het. Hierdie gelykenis is vertel in ongeveer 25 tot 30 n.C.

    In die tyd van Jesus was die pad tussen Jerigo en Jerusalem (ongeveer 28 km) baie gevaarlik. Aanvalle op reisigers op hierdie pad was aan die orde van die dag, aangesien dit deur die vallei langs die Jordaanrivier geloop het. Dit was n pad wat aan rowers gulde geleenthede gebied het om weg te kruip vanwe die aantal grotte, te roof en weer net te verdwyn. Dat iemand wat op hierdie pad reis aangeval kon word deur rowers, was dus aan die gehoor van Jesus bekend.

    Die aanloop na die vraag oor naaste het begin teen bogenoemde agtergrond en by n wetgeleerde wat tussen al die mense opgestaan het en Jesus versoek (uitgedaag het) deur te vra: "Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" Hy spreek Jesus as Meneer of Meester aan. Hy wil wys dat hy respek het vir 'n ander wetgeleerde. Hierdie is n strikvraag: Indien Jesus sou s dat die een wet belangriker as `n ander wet was, sou Jesus die eenheid van die wet aangetas het. Indien Jesus sou s dat alle wette ewe belangrik was, sou Hy God beledig het Die Christus antwoord Hom dan met 'n teenvraag wat die wind dadelik uit sy seile neem. "Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Jy is mos 'n wetgeleerde. Jy weet mos wat is die wese van Moses se wet! Jesus verwys hier na Levitikus 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefh soos jouself. Ek is die HERE.

    Wat kan die man dan antwoord? Hy het niks om verder oor te argumenteer nie. Hy moet nou maar die kern van die wet ops, soos hulle Wetgeleerdes dit daagliks moes doen:

    "Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself"

    Ja, s Jesus dan vir hom, "Doen dit en jy sal die lewe verkry"
    Last edited by Carel van Heerden; 12th December 2010 at 08:19.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  6. #6
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Dan staan die wetgeleerde weer op en vra 'n volgende vraag: "En wie is my naaste?" Hierdie vraag moet gesien word teen die agtergrond van die Joodse dogma van destyds: Hulle uitgangspunt was dat slegs hul volksgenote hul naastes is. (Die Israeliete: Slegs die verbondsvolk! Die Farisers: Slegs my mede fariser) So vra die man dan vir Jesus: Wat is jou dogma oor wie 'n mens se naaste is. En Jesus? Hy antwoord hom nie direk nie Hy vertel eerder die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan.

    Die rolspelers in hierdie gelykens is uiteenlopend van aard:

    n Priester en n Leviet van wie sekere van die mense in daardie tyd nie veel gehou het nie. Hulle was van die tempel en nie gewild nie omdat die belangrike tempelpersoneel soms kop in een mus was met die Romeine, en ook saam met die Romeine geweldige belastings van die doodgewone landmense/boermense gehef het.

    Priesters en Leviete mag nie aan bloed vat nie. Indien n persoon dood is, mag 'n priester nie aan die liggaam geraak het nie Hy mag nie nader as vier el (3 meter) daaraan kom nie, anders word hy onrein (want dan sou hy simbolies dood wees vir 'n tydperk, en nie die tempeldiens kon verrig nie, dit waarnatoe hy waarskynlik op pad was).

    Die rowers: Daar word nie veel oor hulle ges nie. Die toehoorders tydens die Christus se vertelling was egter bewus van die omstandighede.

    n Samaritaan vir wie die Jode geen ooghare gehad het nie. Waarom? Na die eerste ballingskap in 722 v C het die Jode wat agtergebly het met onder andere die Assirirs ondertrou, en so het die Samaritane ontstaan n basternasie. Hulle het egter nog steeds die Torah aanvaar. Alhoewel hulle die wet van Moses gebruik, het hulle volgens die Jode die wet verdraai. Hulle was eintlik deur die Jode meer verag as 'n ongelowige. n Samaritaan kon nie 'n naaste wees nie, want die Jode se haat en wrewel en veragting het juis op die Samaritane gefokus. Die Samaritane se plek van aanbidding was Geresim [digby die moderne Nablus]. Verder: hierdie tempel by Geresim is gebou terwyl daar nie 'n tempel in Jerusalem was nie. Hieroor was die Jode nie gelukkig nie. Nie alleen het hulle nie n tempel gehad nie en die Samaritane wel. Die Juders en Samaritane het om hierdie, en nog baie ander redes, dus nie langs dieselfde vuur gesit nie. So groot was die vyandigheid dat Jode, as pelgrims op pad vanaf Galilea na Jerusalem, buite om Samaria moes beweeg, om te voorkom dat hul doodgemaak word.

    Heel waarskynlik was hierdie Samaritaan 'n ryk handelaar. n Moontlike bewys hiervan is die feit dat hy baie geld, asook olie en wyn by hom gehad het. Handelaars, wat baie welgesteld was, was as veragtelik beskou, omdat in die tyd van Jesus gereken is dat iemand wat ryk word, dit altyd ten koste van ander doen. Handelaars is dus as diewe gereken, maar tog verdra, omdat hulle ware gehad het om te verkoop wat nie plaaslik gevind kon word nie. Dit was dan ook eintlik die enigste rede hoekom n Samaritaan welkom in die omgewing sou wees. Handelaars het ook gereeld herberge besoek, plekke wat slegs deur persone met geen sosiale status en sonder eie familie besoek is. Maar ook plekke waar die vroue van die nag hulle ware uitgestal het.

    Die man langs die pad. Waarskynlik n Juder of dan Jood. As hy kon kies, sou hy nie deur 'n Samaritaan gehelp wou word nie. Meer nog: hy sou ook nie in 'n herberg wou land met al die konnotasies wat aan n herberg gekoppel was nie. Maar hy kon niks doen nie. Hy was oor hulp verle.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  7. #7
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    So het die priesters en Leviete waarskynlik ook gevoel. Ook hulle was in n posisie waar hulle nie wou wees nie. Heel waarskynlik sou hulle wou help, maar omdat hulle op pad was na die tempel, kon hulle nie help nie. Want dan sou hulle onrein wees, en nie die tempeldiens kon lei nie.

    Presies dieselfde het egter ook gegeld vir die Samaritaan in die vertelling. Hy was in n posisie waarin hy nie wou wees nie. Hoekom? Want 'n Samaritaan met gesonde verstand sou nooit so iets doen nie. 'n Samaritaan sou nooit 'n Jood help nie.

    Hierdie Samaritaan word nou die held in Jesus se verhaal. Hy sien ook die gewonde man. Hy pas die eerstehulp toe wat die Leviet nagelaat het. Hy gebruik olie en wyn soos die Priester en die Leviet by die tempel gebruik in hulle kultiese handelinge. Hy maak die man se wonde met olie sag, ontsmet dit met wyn en verbind dit. Hy help die man op sy rydier, soos die priester kon gedoen het. Hy bring die man na veiligheid (herberg). Hy gaan nie weg nie, maar versorg die man daar. Meer nog: En toe hy die volgende mre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en s vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag h, sal ek jou betaal as ek terugkom.

    Na die vertelling van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan antwoord die Christus die wetgeleerde deur te vra: Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? ( Lukas 10:36).

    Mens kan jou nou indink in hierdie wetgeleerde se posisie. Om te moet antwoord dat dit nie die priester of Leviet was nie maar n Samaritaan van alle mense. Daarom antwoord die wetgeleerde as volg: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Die sleutelwoorde hier is HYaan HOM. "Toe s Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.(oor hierdie opdrag meer later) Hier kry ons die antwoord op naaste. Die wetgeleerde beantwoord sy eie vraag na aanleiding van die Christus se vertelling. Dit gaan dus oor n persoon (Samaritaan) wat uit eie wil in interaksie gaan met n ander persoon (beseerde Jood). Dit gaan nie oor die daad (baramhartigheid) wat gedoen is nie. Dit is iets anders.

    Ten spyte van die Samaritaan se afkeer in Jode, die feit dat hulle as Samaritane minderwaardig geag is deur die Jode, die gevare vir homself tydens die proses van hulpverlening, het hy uit eie keuse fisies (waarskynlik ook verbaal) positief betrokke geraak by die beseerde Jood. Mens kan s dat die priester en die Leviet oor die potensiaal beskik het om betrokke te raak maar vanwe redes hierbo genoem of vanwe geen belangstelling nie, het hulle bloot verby gegaan en was dus slegs die beseerde Jood se naaste in afstand. Die rowers het fisies en verbaal betrokke geraak by die Jood op reis maar hulle interaksie was negatief. In beide die rowers en die Samaritaan se geval was die Jood die naaste aan hulle, maar word ook hul naaste deur hul betrokkenheid.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  8. #8
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    GEVOLGTREKKING

    Omstandighede in Suid Afrika is baie soortgelyk aan die tydens die Christus se vertelling van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Ons beleef ook geweld, roof en moord. Ons ken ook Samaritane, Farisers, priesters en Leviete. Ook die herberge met hul bepaalde omstandighede. Al die toneelspelers is daar, net die verhoog is anders opgemaaak.

    Ons beleef die eeu van die elektronika. Vinniger kommunikasie, beeldsendings, vervoer ensomeer. Het die toneel van n naaste verander? Ja. Ja, omdat ons nie onder die Torah se wette vasgevang is nie. Ja, omdat ons in n nuwe dispensie ons geloof beoefen.

    Die konsep van naaste het met die vertelling van die Barmhartige Samaritaan verander vanaf n geslote siening van eksklusiwiteit na n inklusiewe siening van wie jou naaste is. Uit die voorafgaande inligting kan die vraag wie jou naaste is as volg saamgevat word:

    Dit is enige persoon (mens) met wie jy vrywillig (kan ook gedwonge wees) betrokke raak op n positiewe of negatiewe wyse, fisies, verbaal, geskrewe woord, elektronies of deur middel van jou gedagtes (geestelik). Die afstand sal nou wissel van naby (fisies) tot ver, afhangende van die medium (elektronies en gedagtes) waardeur jy betrokke raak.

    Wanneer ek dus praat van ..veral my tekort aan naasteliefde,verwys ek na naaste in bogenoemde konteks. n Lang skrywe vir n eenvoudige antwoord. Voorafgaande is die inligting waarop ek my siening oor naaste fundeer. Dit bring my dan by die volgende vraagstuk. Die een oor die liefde.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  9. #9
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Liefde

    In hierdie afdeling gaan ek n ander benaderingswyse volg as di wat normaalweg gevolg word. Ek gaan u vra om betrokke te raak. Nie deur te skryf nie maar deur u gedagtes in te span. Daar is nie n reg of verkeerd nie. U moet bloot oor die betekenis van die woord liefde dink en dan n antwoord vind op die vraag hieronder gestel.

    Hoe sal u die leser, die betekenis van die woord liefde aan n 14 jarige verduidelik? Daar is egter n voorwaarde aan verbonde. U mag nie die Bybel as bron gebruik nie, ook nie n verklarende woordeboek nie. Ek vra juis hierdie vraag aangesien die literatuur somtyds die woord liefde ietwat vreemd beskryf.

    Daar word geskryf van ware liefde. Is hierdie liefde nou anders as net die betekenis van die woord liefde?. Wat nou van egte liefde? Wil dit aandui dat di liefde n beter liefde is as net liefde. Ja, daar kan aanvaar word dat by mense die liefde nie eg kan wees nie, maar dit beskryf nog nie wat liefde beteken nie. Verder lees n mens van blinde liefde, brandende liefde, stille liefde, opregte liefde en dan n baie interessante een donker liefde. Ja daar word selfs ges die liefde is dood. Mens kan dan waarskynlik praat van dooie liefde. Kan hierdie, en ander byvoeglike naamwoorde van liefde dan gesien word dat die woord liefde nie n konstante betekenis het nie?

    Na aanleiding van bogenoemde versoek ek u weer eens om bietjie te gaan dink oor die betekenis van woord liefde. U hoef nie te antwoord nie. Dan, hoe u die betekenis van die woord liefde aan n 14 jarige sal verduidelik. Die voorwaardes bly dieselfde geen Bybel of woordeboek. Teen die naweek sal ek n verduideliking hier plaas oor die betekenis van die woord liefde onder dieselfde voorwaardes.

    Groetnis

    Carel
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  10. #10
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    40
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Ek sal aan 'n 14 jarige dit soos volg verduidelik, met inagnome van sy ouderdom; liefde het vele fasette, die liefde wat jy vir jou ouers het, die liefde wat jy vir jou broers en susters het, jou vriende, jou sport, die meisie wat jou vlinders in jou maag gee, jou liefde s byvoorbeeld vir die natuur, dis als verskillend, maar kom op dieselfde neer. liefde kan nie beskryf word nie, dit is 'n term te omvattend vir woorde, blinde liefde - jy is lief vir iemand maar staar jou blind teen die persoon se foute of die negatiewe gevolge wat hierdie liefde mag inhou, jy is so oorweldig met die gevoel dat jy nie die groter prentjie raaksien nie, brandende liefde - 'n gevoel teenoor iemand van die teenoorgestelde geslag of dieselfde geslag, nog nuut en vol verwondering, meer korrek - verliefdheid, egte en ware liefde is meer dieselfde, dit is 'n rare verskynsel vandag onder die mensdom, ware liefde is iets wat jy voel vir 'n persoon wat geen derde party of enige aanslag van die wreld kan oorwin nie, "true love prefails" ek sou s as dit is wanneer jy daardie persoon bo jouself stel, jy sal hel toe gaan en terug vir daardie persoon, jy sal sterf vir daardie persoon, of voel jy gaan sterf sonder daardie persoon. donker liefde, hmm, kan dit liefde wees vir iets wat nie goed is vir jou nie, 'n liefde vir iets wat eintlik destructive is? niemand sal ooit ten volle verstaan hoe liefde werk nie, dit is die kragtigste gevoel, liefde gee lewe, dit bring dood, liefde is 'n gevoel wat jou heel maak, of 'n gebrek daaraan, jou leeg laat, maar dis ook nie te s liefde maak van jou altyd 'n eerlike mens nie, dit is juis as gevolg van dit wat valse getuienis gelewer word, omdat jy voel jy beskerm die persoon wat jy lief het deur dit te doen, maak dit die liefde minder eg? liefde is 'n volmaakte gevoel, maar ons is almal mense nie een volmaak nie, en ons doen almal afbreek aan die ware gesindheid waarmee liefde eintlik betoon moet word. liefde en begeerte is nie dieselfde nie, jy kan begeer sonder om lief te he, net so kan jy liefhe sonder om te begeer, liefde is 'n gevoel wat jou kan opskeur, die vlamme daarvan jou verbrand, dis die egste, sagste en tog mees onfeilbare gevoel wat mens ooit kan ervaar, as liefde sterf, dooie liefde, laat dit jou met bitterheid. wat sou die lewe wees sonder liefde, hoe sou die wreld funksioneer sonder liefde? liefde is wat jou krag gee, jou laat val en jou laat opstaan, dit gee jou hoop, dit breek jou hoop, 'n huis vol liefde vul jou met vreugde en jy voel tuis, 'n huis sonder liefde is koud en stoot jou weg. liefde is die kosbaarste ervaring wat bewaar moet word, want as liefde kwyn is jou hart bitter, jou gedagtes donker en die wreld raak 'n baie eensame plek.

    Groetnis
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

Similar Threads

  1. Wie is jou "Naaste"?
    By knipmes in forum Besprekings
    Replies: 43
    Last Post: 5th September 2011, 00:41
  2. Stille rivierstroom
    By Die Vrou in forum Gedigte
    Replies: 1
    Last Post: 14th November 2010, 09:01
  3. Oproep tot die liefde
    By Carel van Heerden in forum Artikels uit die media
    Replies: 3
    Last Post: 17th June 2009, 20:22

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •