Results 1 to 3 of 3

Thread: Babelse Verwarring!

  1. #1
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    64

    Default Babelse Verwarring!

    My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV.

    Hy is 'n wewenaar en ek ongetroud.

    Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV.

    Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik. Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.

    Net daar begin my k@#$%.....

    Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is.

    Toe kry my vrou 'n seuntjie! Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie.

    Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie! En hy word dus my broer! My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie! Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!

    Nou kan jy verstaan hoekom ek drink!

  2. #2
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    39
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Talking Re: Babelse Verwarring!

    Knipmes, as dit regtig jou situasie was, sou jy serious issues gehad het, skink solank die kwv, met ys, en sit die vleis op die vuur, ons is oppad!
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,608
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Noag se Ark


Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •