A ja a, maar natuurlik!
Die OT se wette is nie van toepassing gewees op ons plaas nie... en ons varke het ook nie vuilgoed gekry om te eet nie. Ons het gemiddeld so 5000 varke op die plaas gehad, wat vir die uitvoermark was, en heel gesogte vleis was...
As jongeling was dit my taak om die kookwater en lepel te gebruik tydens die slag proses... wie kan dit onthou?
groetnis
knipmes
Slagtyd op die plaas het ook twee ander aktiwiteite die lig laat sien. Dit is nou wanneer ‘n vark saam met die slagos geslag is.
Ten eerste is is die vark se vel in klein vierkantjies gesny en dan oor die oop vuur in ‘n groot ysterpot saam met die ander vet gebraai. Twee uitkomste. Kaiings en spierwit varkvet.
Die kaiings op vars gebakte (nog warm) brood uit die bakoond, gesmeer met varkvet (nie botter nie) en met sout en pepper, was ‘n wenner.
Die oorblywende varkvet is later gebruik om seep mee te kook.
[SIGPIC][/SIGPIC]
Bookmarks