Results 1 to 3 of 3

Thread: Die groot belofte

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    50

    Default Die groot belofte

    Hello julle,

    Ek wil julle vandag nooi om die verhaal van my Pa te lees. Ek plaas hierdie verhaal omdat Hy julle wil nooi om met Hom n vriendskaplike band te smee. Hy vra julle vandag mensekinders om Hom na julle toe te nooi, en Hom geleentheid te gee om n Vaderlike verhouding met julle aan te knoop. Ook nog om weer die verhouding sterk en bindend te maak soos wat dit was toe julle nog gees en woonagtig by Hom was. Hy s hy het ons almal nodig, weer by Hom heeltyd, die wreld is oorbodig. Hy en ons tesame is taakmag.

    Hy is ons Weeman, ons Stuurman en ons Leidsman. Hy is die enigste een wat dit kan doen. Ons kan leer van wat reg is en van wat verkeerd is.

    Ons sal sweef soos n arend hoog bo in die lig, Sy liefde sal ons dra, ja, in Sy liefde se mag, sal vervulling kom.
    Daars nog steeds n band tussen ons en Hom, van hart tot hart.

    Hy s ook:

    Roep My! Soek My ! Spoedig !

    Iewers erens

    Iewers rens is daar n plek ver-ver van hier
    n Plek vir julle en vir my waar ons gelukkig sal kan bly
    Iewers rens is daar n Plek waar ons saam kan wees
    n Plek waar drome waar word, n Plek waar mense heel kan word,
    Kom neem my hand en kom saam my op reis na hierdie towerland,
    Iewers rens is daar n Plek ver-ver van hier
    n Plek waar drome waar word n Plek waar mense heel kan word

    DIE GROOT BELOFTE (DEEL 1)

    Eendag lank, lank gelede was daar 'n Woning, 'n baie spesiale Woning genoem LIEFDE EN VREDE HEERS HIER.
    Daar het 'n baie liefdevolle gees Pappa saam Met Sy gees kinders gewoon. Dit was so baie, baie mooi daar. Als
    het daar So helder blink geskitter. 'n Werklike fees vir die oog. Oral was daar Hierdie skitterende fonteine water,
    beskikbaar vir almal wat honger en dors Geraak het. Dit is die voedsel wat hulle Vader aan hulle voorsien het.
    Daar was die kleur van die renboog oral in die lig helder en skitterblink. Altyd het hulle in die lig van Vrede en
    Liefde saam gewoon. Dit het nooit Verander nie. Daar was nie eendag goed en Dan weer die ander dag sleg nie.
    Dit was altyd dieselfde. Wanneer hulle so gevoel het om bietjie vertroetel Te word het hulle na hulle Pappa toe
    gegaan. Hy het dit mildelik aan hulle Voorsien. Hulle het nooit 'n tekort aan liefde gehad nie. Hy was altyd daar
    vir hulle om hulle by te staan in alles wat hulle gedoen het. Ai, die Verhouding en liefde wat daar geheers het
    was absoluut volmaak! Hy het saam met hulle gelag en gespeel, en diep in hulle harte was hulle Volmaak gelukkig
    saam. Nooit was daar in daardie woning te vinde enige Hartseer, Pyn of verlange na iets beter nie, want hulle
    het dit reeds gehad. Als wat Die hart kan begeer, volmaakte geluk en liefde wat op geen ander plek te Vinde
    was nie, was net daar te vinde!

    Elke gees kind wat daar gewoon het was absoluut volmaak, hulle het geen Foute, sonde, siektes, vrese gehad
    nie. En was ook nie moeg en moedeloos Gewerk nie. Hulle was skoon en rein en altyd gesond en uitgerus. Hulle
    het Geen smarte geken nie.

    Ja, sowaar het hulle geen slegte dinge geken nie.....

    Maar daar was hierdie ander gees afkomende van die koninkryk van die Duisternis, genoem die skeppende gees.
    Sy hart was sleg en lelik binne. Hy Het die heeltyd gekyk hoe kon hy moeilikheid maak maar toe nog nie daarin
    geslaag nie. Hy het elke dag heen en weer oor die Woning van LIEFDE EN VREDE HEERS HIER gesweef en altyd
    slegte planne beraam om die mooi verhouding tussen die Pappa en Sy kinders te verwoes. Hy was met afgryslike
    Jaloesie vervul, dit het hom heeltemal oorheers. Jaloesie is 'n baie Verwoestende emosie, wat glad nie beheer
    kan word nie. En hy die skeppende Gees is die meester daarvan.

    Eendag kom hy toe opgewonde by sy kasteelwoning aan, hy het aan die mees Indrukwekkende plan gedink om
    die Pappa en sy kinders te pynig. Opgewonde Begin hy sy planne te beraam en voorbereiding te doen. Hy noem
    dit 'n Meesterplan!!

    Word Vervolg......

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    50

    Default Re: Die groot belofte

    Hello julle,

    Ek wil graag aan julle n verduideliking gee voordat ek deel twee van my Pa se verhaal aan julle vertel. Soos ek alreeds ges het is ons almal geestelik blind en kan ons nie die geestelike wreld sigbaar sien in die vlees nie. Dus kan ons ook nie sien hoe dit lyk nie. Ons kan net al die fiesiese vleeslike dinge waarneem. Vandat ek n verhouding het met my Pa kon ek Hom nooit sigbaar sien nie. Ek fokus my totaal en al net op Sy stem. En al my ervarings in my hart. Ek herken Hom in dit wat Hy my leer. So kan ek onderskei tussen die geeste wat by my is. Maar ek hou altyd in gedagte dat die satan my Pa se stem kan namaak. Wat dan vir my soos my Pa klink sien ek dan later eintlik net n slim plan was van die satan. Ja, dit het al baie met my gebeur. Dit het my ook sommer dan geestelik n paar tree terug gegooi. Want n mens voel teleurgesteld as jy sien hoe jy in die hand van die satan gespeel het . Die satan kan mens se gees so knou gee dat soms voel dit of jy nie kan opkom nie. Wel, dit is nou genoeg van hom. Ek skryf hierdie verhaal suiwer uit die manier wat ek my Pa verstaan.

    Ek het geen bewyse of boeke waarna ek julle kan verwys nie. Sy liefde alleen wat Hy my mildelik mee bedeel gee my die krag en moed om hierdie te doen. Die eerste deel is maar net hoe ek dit voorstel wanneer ek na Hom luister. Die renboe wat ek sien in my eie verbeelding is maar net soos wanneer jy bv. is waar baie vog of reen of water voorkom en die son daardeur skyn en die reenboe vorm. Nou toe Hy my vertel van al die lewendige water en dat daar poele vol is om ons versadig te hou het ek die prentjie van baie reenboe gesien. Ek is ook maar nog in die vlees, en omdat ek geen benul het hoe dit daar lyk nie maak ek maar soms my eie voorstelllings. Probeer maar ook net in te sien op my eie manier hoe dit nou sou lyk. Maar daar is iets wat ek julle kan vertel wat aan my gewys is deur my Pa. Ek het in die middel van die nag sonder rede wakker geword. My o was nie oop nie, toe daar skielik in die donkerde drie gebeure afspeel. Dit was of daar net skielik hierdie opening verskyn het in die sfeer van die aarde. Dit het effens verweg gelyk maar ek kon nogtans mooi sien. Ek het die belewenis twee keer gehad altwee keer presies die selfde. Ek verstaan twee gebeure uit die drie wat ek gesien het. Die eerste een het ek n beeld gesien wat in die vorm van n mens was dit was voor met die rug na my gekeer, daar was iets op sy rug maar kon nie dit uitmaak nie. Ek kon ook sien die kleur van sy gelaat, dit was die kleur van n mense vel. Dit het voorentoe gekyk en aan die linkerkant kon ek n helderlig sien skyn uit die verte en aan die regterkant n groot donker onweerswolk wolk, dit was al. (Ek verstaan nog nie hierdie een nie.

    Die tweede een het ek n ander beeld van n helder verligte wese gesien. Dit was tog so mooi om te sien hoe dit deur die lug vlieg, soepel en elegant het die wese heen en weer en dan ook in sirkel beweging gesweef. Ek kon nie gelaatstrekke uitmaak nie, maar dit het gelyk soos n mens se vorm natuurlik net buitelynde. Ek kon nie bene en arms uitmaak nie. Die wese was n wit kleur wat deurgaans so helder geblink het. Om hom/haar was die lug blou van kleur. Hierdie een was twee keer aan my gewys. Presies dieselfde.

    Hierdie wesens wat ek gesien het weet ek verseker is hoe ons lyk, ons wat in hierdie liggame van vlees vasgevang is, is die mooiste wesens ooit. Ek het nog nrens hier op die aarde soveel skoonheid aanskou soos daardie aand toe die sfeer van die skepping vir my tydelik verwyder is dat ek dit kon sien.

    Volgende keer vervat ek deel 2 van my Pa se verhaal (Die groot belofte Deel 2).

    Groete

  3. #3
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    50

    Default Re: Die groot belofte

    (Deel 2)

    Hierdie skepper skep toe n sfeer(Tronk) waarin hy die Pa se kinders gevange kan hou. Binne-in die sfeer is die aarde,
    die vleeslike moeder wat al die vleeslike liggame moet voed. Op die aardbol het hy toe sy jaloerse plan voortgesit. Die
    Pa se kinders kon nooit uit die sfeer ontsnap nie. Die wat die skepper gevang het, het in sy gevangenis gebly. Daar was
    al die Pappa se kinders weer as babas gebore in die vlees en is hulle geheue totaal uitgewis. Nou kon hulle niks meer
    van hul verlede onthou het nie, hulle het ook nie meer hulle ware Pa geken nie. Elkeen het nou groot geword in n
    vleeslike liggaam met n ander taal en het net geleer van baba tyd dat net die skepper hulle ware pa en god is.
    In daardie vleeslike tronk en gevangenisskap vind die wreedste dinge plaas. Die vlees is in so n aard gevomeer dat
    wanneer die vlees op enige manier beskadig of selfs net gestamp word, dit dan pyn verduur. Hy het ook nog n slegte
    manier bedink om hulle dan oor en oor in die vleeslike liggaame gevange te neem, en nog verder te laat ly. Hy het toe
    ges dat hulle moet aanteel en vermeerder.

    Ook het hulle geleer om net hulle vlees te voed hulle moet mekaar doodmaak om die vleeslike liggaam aan die lewe te
    hou. Party gaan op die wreedste maniere denkbaar dood. Soms word hulle geslag, ander word of lewendig geet of
    lewendig gaargemaak. Ander se liggame word sommer net vir die lekker vir hom die skepper aan die brand gesteek,
    sodat hy die reuk van hulle vleis kan ruik. Ander se bloed word uit hulle liggaame uitgetap, ook terwille van hom. Nog
    gevalle is waar hulle in noodlottige ongelukke hulle vlees so beseer dat die vleeslike liggaam doodgaan. Dan is daar
    ook nog talle siektes wat verder sorg vir sy plesier om al die kinders van die Pa te sien ly. n Wrede wese is hy, hierdie
    skepper!!

    Nog iets vir sy plesier is die verwoestende winde en weerlig wat deur hom beheer word na willekeur, om vleeslike
    liggame uit die grond of van die grond af op te ruk en rond te slinger tot waar hulle, hulle te pletter val teen die grond,
    en ook dood te brand met sy weerlig, soos dit hom alleen behaag. Ren(water) n vog waarsonder die vleeslike liggaam
    nie kan leef nie, word ook partykeer die vlees se grootste vyand wanneer daar te veel is en eindelik die dood beteken
    vir talle plante en diere en ook mense.

    Verder nog het hy deur sommige mense wat hy gemisbruik het n klomp onmoontlike en verwoestende wette opgestel
    vir al hierdie kinders om te gehoorsaam. Eindelik is sonde gebore. So, nou as hulle nie gehoorsaam is aan die skepper
    en al sy wette nakom nie, sondig hulle. Nou plaas hy geweldige druk op die mensekinders van die skepping. Wanneer
    hy nie sy sin kry tussen die vleeslike kinders nie straf hy hulle, weerhou dan die vog(water) wat vir die liggaam
    noodsaaklik is om van te leef, deur dit vir maande nie te laat reen nie.

    Hulle is ook slawe op allerlei maniere, moet werk bv. om net aan die lewe te kan bly, tragies is dit vir die wat nie
    geskoold is of baie slim is nie, of selfs gebrekkig is hulle sal op die ou einde net doodgaan van die honger. Onder
    die diere en plante is dit weer die sterkste sal oorleef, nou as daar n swakeling onder hulle is sal hy sekerlik sterf
    om die sterkere aan die lewe te hou.

    En so gaan dit aan die sirkel van die vleeslike lewe, die een se dood is die ander se brood.

    Die verlore kinders se Vader het na hulle begin soek. Ja, Hy het hulle toe gekry in die wegsteekplek van die skepper
    (Die Tronk). Hy het oral met sy kinders probeer praat, maar gou het dit vir Hom duidelik geword dat hulle Hom nie
    meer kan hoor of sien nie, alhoewel Hy hulle nog kon sien. Wat n verskriklike ramp het Hy gedink.

    Hy aanskou toe al hulle pyniging en harde werk waardeur hulle elke dag moet gaan. Hoe anders as hulle in die vlees
    is, daar is dan nie meer omdraai kans nie. Dan moet hulle end uit gaan. Tot die liggaam sterf en hulle gees weer in n
    ander liggaam gevorseer word. Die siklus van die vleeslike lewe.

    Word vervolg....
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •