Results 1 to 7 of 7

Thread: Evangelie van Phillip

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Evangelie van Phillip

    Die Evangelie van Phillip is deel van die Nag Hamadi fonds wat vir eeue in erdekruike vir ons bewaar is.

    Hierdie Evangelie maak veral gebruik van versluierde mededelings. Dit tref op subtiele wyse onderskeid tussen die vlees en die gees. Ek gaan met verloop sekere treffende aanhalings plaas.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Die Evangelie van Phillip

    Slawe

    'n Slaaf verlang na vryheid
    en begeer nie om die landgoed van 'n meester te besit nie.

    'n Kind maak aanspraak op die vader se erflating,
    maar diegene wat die dood erf is dood.

    Erfgename van die lewe is lewend
    en erfgename van die lewe en die dood.

    Die dooies is erfgename van niks.
    Hoe kan 'n dooie erf?

    Tog, as 'n dooie die lewe erf,
    sal die lewende nie sterf nie en die dooie sal oorleef.
    Die dooie is die vlees en die lewe is die gees. Sonder die siel en die gees is die vlees dood, maar tog bestaan die gees sonder die vlees.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Die Evangelie van Phillip

    Die Penning en die Siel

    Niemand versteek 'n mooi en waardevolle artikel
    onder 'n mooi bedekking nie, maar gereeld word groot somme geld bewaar
    in 'n sak wat slegs een pennie werd is.
    Beskou die siel. Dit is 'n kosbare gees en kom in 'n veragtelike liggaam.
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Die Evangelie van Phillip

    Eva binne Adam

    Toe Eva binne Adam was, was daar geen dood nie.
    Toe sy uit hom gesny is,
    het die dood tot stand gekom.
    As hy binnegaan wat hy was en haar weer ten volle inneem,
    sal die dood verdwyn.
    Hierdie vers verwys na die androgene staat waarin Adam en Eva verkeer het voor die skeiding. Hiervolgens is dit moontlik om terug te keer na die androgene staat. In die geestelike natuurlik en nie in die vlees nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Die Evangelie van Phillip

    Die Lam

    Moenie die lam verag nie.
    Sonder die lam kan jy nie die koning sien nie.
    Ontmoeting met die Koning

    Jy ontmoet nie die koning
    terwyl jy naak is nie.
    Om naak te wees, is om nog in die vlees te wees.

    Sommige is Bevrees

    Sommige vrees dat hulle naak uit die dood sal ontwaak,
    en hulle wil terugkeer na hul lewe in die vlees.
    Hulle is onbewus daarvan dat diegene wat met die vlees geklee is, naak is,
    en diegene wat gestroop is, nie naak is nie.

    "Vlees en bloed kan nie die koninkryk van god be-erwe nie."
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Evangelie van Phillip

    Die Meester se Vader

    Die meester sou nooit sÍ, "My vader wat in die hemel is"
    tensy hy 'n ander vader elders had nie.
    Hy sou eenvoudig sÍ, "my vader."
    Hierdie verduideliking maak die fisiese geslagsregister van die Christus relevant.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    72

    Default Re: Evangelie van Phillip

    Maagdelike Geboorte

    Adam het tot stand gekom uit twee maagde:
    van die gees en van die maagdelike aarde,
    en Christus is gebore van 'n maagd om die aanvanklike sondeval te genees.
    Hier word bevestig dat die Christus se opstanding verband hou met die sondeval in Genesis en nie met my ongehoorsaamheid (sonde) nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Similar Threads

  1. Die Nuwe Evangelie?
    By Ou Sanna in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 5
    Last Post: 31st May 2009, 19:51

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •