Results 1 to 2 of 2

Thread: Vir elke waarom is daar 'n daarom .

  1. #1
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Vir elke waarom is daar 'n daarom .

    VIR ELKE WAAROM IS DAAR N DAAROM .



    Rustig sit hy en gesels onwetend en niksvermoedend .

    Boet, jong, jy sal jou moet regruk man, jy weet die eksamen is om die draai en jyt nog niks geleer nie. Boet glimlag sy matriekglimlag en die donsies van n melktandsnor glim-glim teen die helder middaglig.

    Die bus wip verskrik oor n randsteen en bars met n klankgedonder, met tagtig gedoemde seuns en dogters deur n heining wat selfs honde uit die dam kon hou .

    Nou wat de hel . Boet se voorkop bars oop toe SABS-getoetste glas, vlymend skerp sy gesig oopspit.

    Dan is daar net water .

    Die bus kreun van die siek slag waarmee dit die water tref. Die dood druk die sinkende skip dieper onder die water en lag sy diep borrellag .

    Boet stoei nou teen die watermassa wat dreig om met nat vingers sy siel vas te vat. Hy sien n oop venster sonder sy getoetste glas en beur met doodse angs soontoe. Watervingers druk dwingend in sy longe en ruk verwoed aan die lewe in hom .

    Waarom?

    Dan is hy uit! Met n siellose skooldogter klouend aan sy been bereik hy die randjie van die dood en bars, borrelend deur die oppervlakte . Hortend haal hy die lewe terwyl sy suster, stokstyf-starend, n verskrikte vis met ontsielde o, dophou .

    Waarom?

    Soos dobbertjies dryf hulle in die dood rond . Net vir uitvis en begrawe .

    Hulle is verneuk met die enigste besitting tot hul beskikking die lewe.

    Waarom?

    Ambulanse snel treurend oor die swart strate met bloeiende ligte wat verskrik rondomtalie.

    Moeders word Marias wat verloor . Vaders staar niksseggend .

    Waarom!

    n Stoet van tagtig swart lykwaens met purper gordyne beur n tiende van n skool se seuns en dogters na tagtig gapende, sesvoet grafte .

    Tagtig Marias snik rukkend aan die groot verdriet en tagtig Josefs staar strak na niks.

    Van stof tot stof kreun die Staat se kapelaan tot tagtig keer.

    Waarom?

    Dan is alles verby. Moeders begin traag weer glimlag en vaders stof weer die grassnyers af.

    Waarom?

    Maar vir hierdie waarom wis net God die daarom ..


    Arno van Heerden
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    49

    Default Re: Vir elke waarom is daar n daarom .

    Ja. Hoekom daar soveel smarte is op die aarde wonder almal maar. Nog 'n ding is, hulle is
    te bang om daaroor te redeneer! party word selfs woedend as mens daaroor praat! hulle se mens beledig hulle god. Maar nog steeds kan dit nie die waarheid uitwis dat alles hier op die aarde baie wreed is nie!
    Die vrou


    Waarom?

    Ambulanse snel treurend oor die swart strate met bloeiende ligte wat verskrik rondomtalie.

    Moeders word Marias wat verloor . Vaders staar niksseggend .

    Waarom!

    n Stoet van tagtig swart lykwaens met purper gordyne beur n tiende van n skool se seuns en dogters na tagtig gapende, sesvoet grafte .

    Tagtig Marias snik rukkend aan die groot verdriet en tagtig Josefs staar strak na niks.

    Van stof tot stof kreun die Staat se kapelaan tot tagtig keer.

    Waarom?

    Dan is alles verby. Moeders begin traag weer glimlag en vaders stof weer die grassnyers af.

    Waarom?

    Maar vir hierdie waarom wis net God die daarom ..

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •