
Originally Posted by
Rika
Hallo Antje
Ons is nie seker wat jou intensie is nie, maar wil dit net vir jou baie duidelik stel dat ons geensins belangstel om oor enige onderwerp te argumenteer nie. Ons idee is hoegenaamd nie om mense te leer of te oortuig nie, maar wil slegs dit wat ons in ons soeke na waarheid, ontvang het, met ander te deel.
Dit is elkeen se eie verantwoordelikheid om uit te vind wat die waarheid is. Ons raad aan jou is om enige iets waarmee jy nie saamstem of wat vir jou vreemd klink, eers eenkant te sit en dan vir jou Vader in die Hemel te vra om dit vir jou duidelik te maak. Ons is seker dat as jy dit in opregtheid doen, God dit op Sy tyd en op Sy manier vir jou duidelik sal maak, dan eers sal jy weet of jy dit kan aanneem of verwerp.
Onthou, om in jou binnekamer te bid, is om op enige plek en enige tyd, met God in jou gedagtes te praat.
Groete
Theuns en Rika
Bookmarks