Oulike webwerf die.
Ek het nogal 'n hele paar teologiese vrae gehad my lewe lank en gewonder of daar dalk mense hier is wat antwoorde kan gee.
Ek het op Hoerskool die fout gemaak om my vrae openlik te stel en mymede klasmaats het aan my bewys wat se goeie Christene hulle is deur my in my ribbes te skop en my amper in die swembad te verdrink.![]()
As gevolg daarvan het ek vir baie jare besluit dat "As ek sulke dinge moet doen om te bewys wat se goeie Christen ek is dan wil ek eerder enige iets anders wees."
Wel my soeke in die lewe het my baie geleer en ek het seker baie meer van die kerk en Christendom te sien gekry as 'n soort buitestaaner. Ek het natuurlik baie geleer van liefde en almal uiteindelik vergewe en verder ontdek dat ek mense kan genees en dinge manifesteer. Toevallig het my onafhanklike antwoord of "hoe leef mens?" terug gekom na die Tien gebooie toe.
Nou dat ek die webwerf ontdek het dink ek dis nogal 'n goeie (velige) plek om my soekke verder uit te wei.
So dis nou 'n kortlike storie van my.
Nuweman
Bookmarks