Jesus het in die tyd wat hy op aarde deur gebring het baie wonderwerke gedoen.
Hy het ook vir Sy disipels gestuur om die evangelie te verkondig en hulle het die selfde wonder tekens gedoen tydens die verkondiging.
Dus is dit almal beskore om wonderwerke te doen in die Naam van Jesus Christus.
n Mens kan nie die wonderwerke aleen vergelyk daarmee dat Jesus die Christus is nie.
Die Christus is dus eers gebore na die opstanding uit die dood, waarna Hy meer magte gehad het met Godelike gelykheid, Hy het wel geweet dat Hy die Christus is maar Hy moet eers die dood oorwin het voor Hy die volwaardige Christus kon word.
Deur geloof is dit almal beskore om siekes gesond te maak, blindes te laat sien en kreupeles te laat loop. Die vraag is, daar is letterlik miljoene christene in die wereld, maar dit is nie bekend dat enige van hulle hierdie wonderwerke kan doen nie. Hoekom nie?
Is dit oordat ons nie glo nie, en indien wel hoekom glo ons nie "reg" nie?
Bookmarks