Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 15

Thread: Die Liefde!

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Die Liefde!

    LIEFDE
    --------

    Jy kan hoe geestelik lewe, jy kan in tale praat, jy kan gereeld kerk toe gaan, jy kan n christen wees, of jy kan aan enige soort geloof behoort, MAAR as jy nie die LIEFDE het nie HET JY NIKS!!!

    In ander woorde as jy nou byvoorbeeld aan die Christelike geloof behoort en jy sÍ dat mense wat nie die selfde geloof as jy het nie van die pad af is en hel toe gaan ens, veroordeel en verdoem jy daardie mense en wanneer jy begin veroordeel en verdoem is die liefde nie meer teenwoordig nie.

    Liefde veroordeel en verdoem nooit nie!!!

    Wanneer jy neerkyk op ander is die liefde nie teenwoordig nie!!!

    Liefde sÍ nie ander sleg en bespreek hulle swakhede in die openbaar nie. Liefde verneder nooit nie.

    Gelowiges nou wil ek julle vra! Oortree julle die wet van die liefde? Doen julle aan ander wat julle nie aan julle self gedoen wil hÍ nie?



    Se julle hulle sleg? Verdoem julle mense tot die hel net vir die eenvoudige rede omdat hulle nie dieselfde geloof as julle het nie? of
    dalk oor dade wat hulle gedoen het, verdoem jy hulle of hadhaaf jy die wet van die Liefde?
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Die Liefde!

    As enige geloof die vereiste het om ander neerhalend of beledigend te veroordeel of selfs te se hulle is van die pad af oortree diegiene klaar die wet van die liefde!
    Is enige geloof dan hier in die skepping reg?
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  3. #3
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Die Liefde!

    Sou enige geloof dan enige waarde hÍ? Want ons word geleer dat liefde meer as enige geloof beteken in alle gevalle van die lewe!

    So as jy nou sonder geloof is en baie liefde besit, besit jy meer as n persoon wat meer gelowig is maar geen liefde het nie.

    Dan is die gelowe mos eintlik taboe, of hoe? Want geloof val weg as die liefde swaarder weeg. So waarvoor is geloof dan nou
    eintlik belangrik as liefde dan nou meer weeg?
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  4. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    62

    Default Re: Die Liefde!

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    ...Dan is die gelowe mos eintlik taboe, of hoe? ...

    Naand Die Vrou,

    Ek het bietjie die woord "Liefde" gaan soek in die Bybel en vind toe die volgende in Johannes...

    Joh_5:42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
    Joh_13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
    Joh_15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
    Joh_15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
    Joh_15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
    Joh_17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
    Ook het Jesus tereggewys met die volgende...

    Mat_24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
    Luk_11:42 Maar wee julle, FariseŽrs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.



    Laat mens dink!


    Vir my is die LIEFDE alles!
    Ek verkies om liefdevol en opreg net die goeie in alles wat op my pad kom te kan sien, en dit so te benader!!

    Voor aan meeste preekstoele hang die woorde "God Is Liefde" maar min min mense leef dit uit in werklikheid!
    Dis jammer tog!



    groetnis
    knipmes

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    62

    Default Re: Die Liefde!

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post

    So as jy nou sonder geloof is en baie liefde besit, besit jy meer as n persoon wat meer gelowig is maar geen liefde het nie.

    Kyk so daarna...

    Daar is aardse liefde, menslik en vleeslik gedrewe! Hierin is jou stelling hierbo voorwaar moontlik!

    Maar gestel jy is grootgemaak op n plek of juis waar geen godsdiens aan jou voorgehou was nie, geen aardse vooropgestelde waarborge en moontlikhede ingeprent nie, maar jy leer van die natuur, die wette van die lewe soos dit deur foute werklikheid word, en jy beleef dinge soos geboorte van blomme, diere, mensekinders. Dan word daar n hemelse Liefde gebore wat nie vanaf die mens af kom nie, maar van God af nes Jesus dit verduidelik...

    Joh_17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

    Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?




    groetnis
    knipmes

  6. #6
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    62

    Default Re: Die Liefde!

    Mar 12:30 en jy moet die Here jou God liefhÍ uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
    Mar 12:31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as diť nie.

    Ons het al baie die "naaste" bespreek en verteer een of ander kant toe...

    Wat belangrik is, is nie om op die naaste te konsentreer nie, eerder op die belangrikste woordjie in alle tale... Liefde

    Want dis slegs vanuit daardie hoeksteen dat ware lewe ondervind word. Die eerste naaste aan n mens is wie? Dit kan niemand anders as die Self wees nie. Want geen godsdiens, geen opleiding, geen lewens ervaring lesse kan regtig opreg beleef word as die self nie eerste kom nie!

    Kyk na die eerste gebod. Jesus verduidelik dat jy nie lief kan he as jy nie eers die self liefhet nie. Hoe kan jy jou God liefhe, en die een liefhe, maar daai een haat? Waar ware liefde in die hart van harte is, met ander woorde, waar daar die Lig skyn van binne, kan donkerte nie bykom nie. Die wetenskap leer ons dat donkerte self nie meet kan word nie, want dit bestaan nie, daar kan wel lig gemeet word, donkerte is net die afwesigheid van lig.

    Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
    Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...

    Luk_17:20 En toe Hy deur die FariseŽrs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesÍ: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
    Luk_17:21 En hulle sal nie sÍ: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
    Luk_18:16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesÍ: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
    Luk_18:17 Voorwaar Ek sÍ vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos Ďn kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
    Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...

    Om verlief te wees, is om op water te loop, te sweef, waarom? Omdat dit die vergestalting in materie is van dit wat vanuit die hart straal! Daardie Lig, wat God is!!!
    Daar le alles in opgesluit!!

    want die koninkryk van God is binne-in julle.



    groetnis
    knipmes

  7. #7
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    62

    Default Re: Die Liefde!

    Gaan lees ook hier vir verskeie insigte oor Naaste en Liefde...

    Naaste en Liefde


    groetnis
    knipmes

  8. #8
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Die Liefde!

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Ons het al baie die "naaste" bespreek en verteer een of ander kant toe...

    Wat belangrik is, is nie om op die naaste te konsentreer nie, eerder op die belangrikste woordjie in alle tale... Liefde

    Want dis slegs vanuit daardie hoeksteen dat ware lewe ondervind word. Die eerste naaste aan n mens is wie? Dit kan niemand anders as die Self wees nie. Want geen godsdiens, geen opleiding, geen lewens ervaring lesse kan regtig opreg beleef word as die self nie eerste kom nie!

    Kyk na die eerste gebod. Jesus verduidelik dat jy nie lief kan he as jy nie eers die self liefhet nie. Hoe kan jy jou God liefhe, en die een liefhe, maar daai een haat? Waar ware liefde in die hart van harte is, met ander woorde, waar daar die Lig skyn van binne, kan donkerte nie bykom nie. Die wetenskap leer ons dat donkerte self nie meet kan word nie, want dit bestaan nie, daar kan wel lig gemeet word, donkerte is net die afwesigheid van lig.

    Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
    Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...



    Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...

    Om verlief te wees, is om op water te loop, te sweef, waarom? Omdat dit die vergestalting in materie is van dit wat vanuit die hart straal! Daardie Lig, wat God is!!!
    Daar le alles in opgesluit!!






    groetnis
    knipmes


    Ware liefde is die mees ongelooflikste gevoel wat op hierdie planeet ervaar kan word, want dit is aansteeklik en tasbaar. Dink aan die mond loop oor van wat die hart van vol is...
    Nee wat knipmes ... hierdie woorde is nie waar nie Want as dit aansteeklik was sou liefde meer as swaar en hartseer geweeg het .. wat tans nie die geval is nie.


    Die Lig van God, die Wese van God is Liefde, dit is juis reeds binne-in jou... jy word daarmee gebore!
    Kindertjies het geen donkerte in hulle nie, materie en vorm het nog nie die geestesoog verdof nie, hulle het alles lief...
    Hierdie klink klink nou amper soos n Dominee my eendag wou probeer wysmaak dat Ek my baba leer wat is pyn, wat n leun is want sommige babas word met koliek gebore wat van die wat met hartkwale en allerhande misvormdheid gebore word dink jy hulle het alles en almal lief wat n beter lewe as hulle het. Waar is die sogenaamde wonderlike liefde toe hierdie gebreklike of baie siek babas gebore was in n liggaam wat pyn kan verduur. Waaruit bestaan siektes en gebreklikheid ? Uit onuitstaanbare pyn en lyding. Waar was en is hierdie God in die tyd wat elke onskuldige of dit nou kind of grootmens of dier of plant is swaarkry en met allerhande siektes en hartseer oorweldig word?
    Watse soort lig straal hierdie God as die skepping is in die toestand van puin en ellende wat tans oral waargeneem kan word?
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  9. #9
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    59
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    62

    Default Re: Die Liefde!

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Nee wat knipmes ... hierdie woorde is nie waar nie Want as dit aansteeklik was sou liefde meer as swaar en hartseer geweeg het .. wat tans nie die geval is nie.

    Dis net wanneer daar vanuit die hoek van geen liefde in die hart van harte slegs met denke gedink word dat sulke stellings waar is! So jammer tog! Ek is al vir baie baie jare verlief op n ongelooflike pragtige wese, nes biljoene mense op aarde tans ook wat hul wederhelftes liefhet, en hul kinders, en andere as naastes, en dit weeg baie swaarder as geen liefde!

    Geen liefde bring donkerte in die hart, en ja daar is min of meer netso veel daarvan op aarde as liefdevolles, want die balans in die univers sal altyd uitbalanseer. Vir elke wandaad is daar n goeie daad! vir elke onding, n held! Want was daar geen liefde nie, het ons mekaar as mens lankal reeds uitgewis en het hierdie planeet soos die hollywood voorstellings van doomsday gelyk en gewees!



    Hierdie klink klink nou amper soos n Dominee my eendag wou probeer wysmaak dat Ek my baba leer wat is pyn, wat n leun is want sommige babas word met koliek gebore wat van die wat met hartkwale en allerhande misvormdheid gebore word dink jy hulle het alles en almal lief wat n beter lewe as hulle het. Waar is die sogenaamde wonderlike liefde toe hierdie gebreklike of baie siek babas gebore was in n liggaam wat pyn kan verduur. Waaruit bestaan siektes en gebreklikheid ? Uit onuitstaanbare pyn en lyding. Waar was en is hierdie God in die tyd wat elke onskuldige of dit nou kind of grootmens of dier of plant is swaarkry en met allerhande siektes en hartseer oorweldig word?

    Aarde tog, hierdie stelling is net waar as die uitgangspunt die is van wie juis so daarna kyk. My een dogter was an piepklein baba ook geweldig siek, en het dit oorleef, baie pyn verduur, en ek kan getuig dat sy dit alhoewel as moeilik aanpasbaar ondervind het, het sy dit oorkom, nes biljoene ander. Dit is so dat sommiges dit nie maak nie, en weer terugkeer na die niesiende, maar die res kom dit tog oorbrugend oor. Geen pasgebore baba sien dit so nie, inteendeel, dit neem enige gebrek net aan asof dit die norm is!

    En om God die skuld vir alles te gee is inderdaad om nie werklik die werking van karma te verstaan nie! Wat gesaai word, word gemaai, in hierdie of in volgende lewens, van derde tot die vierde geslag! En dis die eie selfde siel wat sal inkarneer om juis dit wat in n vorige lewe verkeerd gedoen is te kom regmaak!



    Watse soort lig straal hierdie God as die skepping is in die toestand van puin en ellende wat tans oral waargeneem kan word?

    Weereens, om die God of Gode die skuld te gee vir die aardse mens se foute is myns insiens weens onkunde... Dis juis die onkunde van die mens wat in n staat van onbewuste bewusteloosheid lewe wat hierdie soort ding doen en beleef asof dit deur God aan hulle gedoen word! Intussen is dit juis hul bewusteloosheid wat die pyn en leiding en sorge as karma op die eie pad plaas om te leer. Kom ek vra jou dit... hoe sal jy weet wat die kleur swart is, as jy die kleur wit nie ken nie, of hoe sal jy weet wat pyn is, as jy vlekkeloos met n liggaam sonder pyn lewe? Almal gaan leer deur juis te lewe! juis te fouteer, juis te kan groei deur pyn en lekkerte... Die ou gesegde van ouma se vermaning dat van lekker lag kom lekker huil, kom hier duidelik ter sprake!

    Net vir die pret, gooi ek hierdie versies in die poel, nie omdat ek dit uit konteks wil voorhou nie, maar omdat dit vermanings is om bewustelik te lewe...

    Luk_23:34 En Jesus sÍ: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

    Joh_5:42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.



    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 20th January 2014 at 21:33.

  10. #10
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    347
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Die Liefde!

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Dis net wanneer daar vanuit die hoek van geen liefde in die hart van harte slegs met denke gedink word dat sulke stellings waar is! So jammer tog! Ek is al vir baie baie jare verlief op n ongelooflike pragtige wese, nes biljoene mense op aarde tans ook wat hul wederhelftes liefhet, en hul kinders, en andere as naastes, en dit weeg baie swaarder as geen liefde!

    Geen liefde bring donkerte in die hart, en ja daar is min of meer netso veel daarvan op aarde as liefdevolles, want die balans in die univers sal altyd uitbalanseer. Vir elke wandaad is daar n goeie daad! vir elke onding, n held! Want was daar geen liefde nie, het ons mekaar as mens lankal reeds uitgewis en het hierdie planeet soos die hollywood voorstellings van doomsday gelyk en gewees!

    Aarde tog, hierdie stelling is net waar as die uitgangspunt die is van wie juis so daarna kyk. My een dogter was an piepklein baba ook geweldig siek, en het dit oorleef, baie pyn verduur, en ek kan getuig dat sy dit alhoewel as moeilik aanpasbaar ondervind het, het sy dit oorkom, nes biljoene ander. Dit is so dat sommiges dit nie maak nie, en weer terugkeer na die niesiende, maar die res kom dit tog oorbrugend oor. Geen pasgebore baba sien dit so nie, inteendeel, dit neem enige gebrek net aan asof dit die norm is!

    En om God die skuld vir alles te gee is inderdaad om nie werklik die werking van karma te verstaan nie! Wat gesaai word, word gemaai, in hierdie of in volgende lewens, van derde tot die vierde geslag! En dis die eie selfde siel wat sal inkarneer om juis dit wat in n vorige lewe verkeerd gedoen is te kom regmaak!

    Weereens, om die God of Gode die skuld te gee vir die aardse mens se foute is myns insiens weens onkunde... Dis juis die onkunde van die mens wat in n staat van onbewuste bewusteloosheid lewe wat hierdie soort ding doen en beleef asof dit deur God aan hulle gedoen word! Intussen is dit juis hul bewusteloosheid wat die pyn en leiding en sorge as karma op die eie pad plaas om te leer. Kom ek vra jou dit... hoe sal jy weet wat die kleur swart is, as jy die kleur wit nie ken nie, of hoe sal jy weet wat pyn is, as jy vlekkeloos met n liggaam sonder pyn lewe? Almal gaan leer deur juis te lewe! juis te fouteer, juis te kan groei deur pyn en lekkerte... Die ou gesegde van ouma se vermaning dat van lekker lag kom lekker huil, kom hier duidelik ter sprake!

    Net vir die pret, gooi ek hierdie versies in die poel, nie omdat ek dit uit konteks wil voorhou nie, maar omdat dit vermanings is om bewustelik te lewe...

    groetnis
    knipmes
    Hang nou af wie sien jy as jou naaste knipmes? Het j n moordenaar lief, knipmes? Het jy jou vyand lief? Het jy hulle lief met dieselfde liefde as wat jy vir jou kinders en Vrou koester of nie??

    Liefde het geen uitsonderings nie, dit moet jy onthou!

    Ek het jou al gese dat smart, pyn en lyding swaarder weeg as wat die liefde in die skepping weeg. Ek dink jy kyk miljoene se swaarkry mis en sien net die goeie raak. elke keer as mens moet eet is daar lyding betrokke, elke keer as die mens na rykdom smag is daar lyding dan praat ek nie eers van die harseer nie!! Slegs hierdie weeg al klaar swaarder as die liefde wat hier sigbaar is!! :-)
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Similar Threads

  1. Ewigdurende Liefde
    By knipmes in forum Humor
    Replies: 0
    Last Post: 27th July 2011, 19:19
  2. Die swaard van ware liefde!
    By Die Vrou in forum Spirit Guide - Die Vrou
    Replies: 0
    Last Post: 1st April 2011, 09:45
  3. Naaste, Liefde en Naasteliefde
    By Carel van Heerden in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 25
    Last Post: 24th January 2011, 19:24
  4. Stille rivierstroom
    By Die Vrou in forum Gedigte
    Replies: 1
    Last Post: 14th November 2010, 09:01
  5. Oproep tot die liefde
    By Carel van Heerden in forum Artikels uit die media
    Replies: 3
    Last Post: 17th June 2009, 20:22

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •