View RSS Feed

Arius

Boervroue Skeur Bybels Stukkend

Rating: 2 votes, 3.00 average.
[Dit is hierdie verhaal wat deur die Boervroue opgeskeur is. Hierdie optrede was waarkynlik die grootste daad teen Jahwehisme in ons volk se geskiedenis.

Die tyd kom nader dat ons daarop sal voortbou.]

Behalwe vir 'n bejaarde familielid, het die Voortrekkers sonder enige predikante die vreemde ingetrek. Trouens, die Kaapse NG sinode het 'n banvloek op die Trekkers uitgespreek. Lees Dreyer se Die Kerk en die Groot Trek. Nadat die Trekkers in die Vrystaat gevestig is, het Sarel Cilliers met sy afvaardiging na 'n sinodesitting van die Kaapse Kerk vertrek. Sy boot, die Waldensia, het gestrand, maar hy en sy groep het na groot
ontberings in Kaapstad opgedaag. Hulle is deur die sinode weggewys.

Nadat Shepstone die ZAR `genannekseer' het, het die NG kerk dankdienste daarvoor gehou.

Die NG kerk was die hoofinstrument om die Afrikaner te bedrieg om die `nuwe demokratiese SA' te aanvaar.

Terwyl die Kerk die Afrikaner polities vernietig, verwoes dit ook sy siel. Vir tweeduisend jaar is 'n sielkundige aftakeling deur skuldgevoelens op die mensdom deur 'n katolieke priesterdom ingeplant. Na 'n eeu van gemak het die Afrikaners ook vir hierdie slenter geval.

Intussen lê die ware boodskap van verlossing nogtans in die Skrif. Die Leermeester verkondig `Soek die koninkryk van God binne julle.' Soek die koninkryk daar, met hoop, toewyding, stilte en vasbeslotenheid. Niemand het die dwalinge van menslike priesters daarvoor nodig nie, hetsy dominees, Jahweh priesters of ander swakkelinge.

Maar die eerste stap tot verlossing is om daardie katolieke en ander geskrifte te verskeur soos die Boervrouens dit gedoen het. Ons hou 'n saamtrek op daardie heilige grond in Uitenhage en bou 'n vreugdevuur waarop die verlosdes hul vals geskrifte kan gooi. Dan eers sal die vyande van die Boervolk vir daardie volk agting kry. En vrees.

Arius

Submit "Boervroue Skeur Bybels Stukkend" to Facebook Submit "Boervroue Skeur Bybels Stukkend" to Google Submit "Boervroue Skeur Bybels Stukkend" to MySpace

Categories
Uncategorized

Comments