Die Bybel van Christian III van Denemarke, die eerste Deense vertaling. Gedruk in Kopenhagen, 1550.
Die Bybel van Christian III van Denemarke, die eerste Deense vertaling. Gedruk in Kopenhagen, 1550.

Bybel

Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)).

Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

  1. Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (die Tanach is anders georden).
  2. Die Apokriewe Boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.
  3. Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinŤ-Grieks).

In breŽ trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).

Met 'n geraamde verkope van meer as 5 miljard kopieŽ word die Bybel algemeen as die topverkoper boek van alle tye beskou. Na raming word 100 miljoen Bybels jaarliks verkoop. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is. Dit het ook 'n groot invloed op letterkunde en die geskiedenis, veral in die Weste, uitgeoefen.


Die terme Bybel en Heilige Skrif

Die meervoudsvorm biblia ("boekrolle, boeke") van die Griekse woord biblion is in die antieke tyd as die eenvoudsvorm van 'n Latynse vroulike term een ook as 'n sinoniem van die Griekse term hagia graphae ("Heilige Skrif") geÔnterpreteer.

In sowel die Joodse asook die Christelike godsdiens word hierdie versameling van boeke as 'n openbaring van God beskou en het dus 'n normatiewe karakter vir die godsdiensbeoefening.

Met die uitsondering van die teorie van verbale inspirasie, wat 'n tyd lank in die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Evangelies-Lutherse Beweging en nog steeds in baie groeperings word die Bybel in die meeste Christelike denominasies nie regstreeks en heeltemaal as die resultaat van goddelike inspirasie of diktaat beskou nie, maar eerder as 'n menslike en dus ook variabele getuienis beskou, wat die openbaringe van God bevat, reflekteer en toeganklik maak.

Vir die Joodse godsdiens is die Tora, en hier veral die verbond, wat die God van Israel by die berg SinaÔ met Israel gesluit het, die "woord van God". Christene beskou Jesus Christus as die sentrale figuur in die Heilige Skrif, wat ook hulle betekenis verlig. Met die kanonisering van die Nuwe Testament het die kerk ook besluit om die Hebreeuse Skrifte as die "woord van God" te erken.